{"product_id":"die-kameraadskap-van-die-ring-afrikaans-the-fellowship-of-the-ring","title":"Die Kameraadskap Van Die Ring [AFRIKAANS] The Fellowship of the Ring","description":"\u003cp\u003eDrie Ringe vir die Elf-konings onder die hemelwerf,\u003cbr\u003esewe vir die Dwerg-here in klipsale gekroon,\u003cbr\u003enege vir Mense, gedoem om te sterf,\u003cbr\u003eeen vir die Donker Heer op sy donker troon\u003cbr\u003ein die Land van Mordor waar die Skaduwees draal.\u003cbr\u003eEen Ring om oor almal te heers, Een Ring om hulle te vind,\u003cbr\u003eeen Ring wat almal bring en in die duisternis saambind.\u003cbr\u003eIn die Land van Mordor waar die Skaduwees draal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.\u003c\/p\u003e","brand":"Protea Boekhuis","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48370498207927,"sku":"9781485309758","price":269.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0730\/0585\/8999\/files\/22891943482716_95e17673-4e82-4b2c-8e5c-5d60e7016fc6.jpg?v=1777537263","url":"https:\/\/bargain-books-3052.myshopify.com\/products\/die-kameraadskap-van-die-ring-afrikaans-the-fellowship-of-the-ring","provider":"Bargain Books","version":"1.0","type":"link"}