{"product_id":"fortuine-die-wel-en-wee-van-afrikaner-magnate","title":"FORTUINE - Die Wel en wee van Afrikaner-Magnate","description":"\u003cp\u003eDie ongekende sukses van Afrikaner-sakelui het die afgelope drie dekades verras en verstom. 'n Aantal is vandag dollar-miljardêrs met uitgebreide internasionale belange. Die opkoms van die Afrikaner-magnaat is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eOnder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is dié mediagroep tot 'n internasionale beleggingshouergroep omvorm. Johann Rupert het Richemont as die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot die grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel in Afrika uitgebou het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eFortuine verklap waarom alles wat sakeleiers soos Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Johan van Zyl, Douw Steyn en 'n aantal megaboere aanraak skynbaar in goud verander. Dit ondersoek ook die sensasionele ineenstorting van Steinhoff Internasionaal onder Markus Jooste, waardeur soveel welvaart uitgewis is.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e'n Onthullende boek, wat hoofsaaklik op persoonlike onderhoude gebaseer is en lig werp op die werksetiek, strategiese vennootskappe en aptyt vir risiko wat hierdie groep Afrikaners die reënmakers van die ekonomie maak.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Jonathan Ball Publishers SA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48369951277239,"sku":"9781868427567","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0730\/0585\/8999\/files\/6316803482853.jpg?v=1777536806","url":"https:\/\/bargain-books-3052.myshopify.com\/products\/fortuine-die-wel-en-wee-van-afrikaner-magnate","provider":"Bargain Books","version":"1.0","type":"link"}